Thursday, 15 September 2011

Faktore wat die woordherkenning van die leerder kan strem.

1              Ontoereikende praatwoordeskat en taalagterstand
2              Ontoereikende sigwoordeskat en swak herkenning van hoëfrekwensiewoorde
3              Gebrekkige kennis van klanke en omkeringsfoute
4              Verwarring van letters en woorde en ‘n onvermoë om te sintetiseer.
Faktore wat leesbegrip beinvloed.
1           Die intellektuele vermoë van die leerder

Intellektuele vermoë het ‘n invloed op die leerder se taalontwikkeling, taalbegrip en vermoë tot abstrakte denke.

2           Die liggaamlike en emosionele gesteldheid van die leerder

Die leerder wat siek en lusteloos voel se konsentrasievermoë is beperk en daarom sal leesbegrip daaronder ly.

3           Die leerder se ervaring en agtergrond

Hoe ryker die leerder se ervaringswêreld en agtergrond is, hoe beter sal die taalbegrip van die leerder wees.  ‘n Goeie taalbegrip gee weer aanleiding tot duideliker en vollediger begrip van die gesproke en geskrewe woord.

4           Woorherkennig en woordbegrip

Akkurate woordherkenning wat met ‘n goeie tempo gepaard gaan, is ‘n belangrike voorvereiste vir lees met begrip.

5           Geheue, konsentrasie en motivering

Die leerder moet instaat  wees om die verskillende idees en feite wat in die leesmateriaal voorkom te onthou, sodat verbande raakgesien kan word om ‘n geheelbeeld van die teks te kry.

6           Die klasatmosfeer en metode van leesbegriponderrig

Die waarde van ‘n positiewe klasatmosfeer waarbinne die leerder geborgenheid ervaar, gestimuleer word en nteressante onderrigmetodes gehandhaaf word, kan nie oorskat word nie.  Doelgerigte leesbegriponderrig moet vanaf graad 1 tot aan die einde van graad 3 op ‘n deurlopende basis gedoen word.

No comments:

Post a Comment