Thursday, 15 September 2011

Hierdie twee benaderings (heel taalbenadering en fonologiese bewustheid speel n baie belangrike rol in die grondslagfase leerder se lewe.

Die heeltaalbenadering
Dit word volgens Goodman (1989:113) en Gursky (1991:22) gestel as die historiese wortels wat teruggevoer kan word na die volgende vroeë onderwysbewegings:
·         John Amos Comenius (1592-1670) se belang by leerdergesentreerde pedagogie
·         John Dewey (1859-1952 se progressiewe onderwys wat aanleiding gegee het tot die beginsel van aktiewe leer en die integrasie van taalaktiwiteite in die kurrikulum.
·         Piaget (1896-1980) se mening dat leerders aktiewe agente moet wees in die konseptualisering van die leerproses
·         Vygotsky (1896-1934) wat leer as 'n sosiale aktiwiteit beskou.

In die raamwerk van die heeltaalbenadering gebeur die volgende:
·         Leerders word die outeurs van leesmateriaal;
·         Voorspelbare leesboeke, sowel as ander leesmateriaal wat in die hande beskikbaar is word gebruik;
·         Leerders word aangemoedig om die korrekte spelling van woorde te ontdek en
·         Leerders se werk word in die klas uitgestal.

Daar is ook ander faktore wat in ag geneem moet word en dit is faktore wat 'n  invloed kan hê op die leerder onderrig naamlik van hierdie benaderings, naamlik;
           Die intellektuele vermöe van die leerder
           Die liggaamlike gesteldheid van die leerder
           Die emosionele gesteldheid van die leerder
           Die leerder se ervaring en agtergrond
           Die leerder se begrips- en praatwoordeskat
           Woordherkenning en woordbegrip
           Geheue en konsentrasie
           Motivering en die leeswaardigheid van die leesmateriaal
           Die atmosfeer in die klaskamer
           Die metode van onderrig
           Bepaling van spesifieke begripsvlakke

Faktore wat die woordherkenning van die leerder kan strem.

1              Ontoereikende praatwoordeskat en taalagterstand
2              Ontoereikende sigwoordeskat en swak herkenning van hoëfrekwensiewoorde
3              Gebrekkige kennis van klanke en omkeringsfoute
4              Verwarring van letters en woorde en ‘n onvermoë om te sintetiseer.
Faktore wat leesbegrip beinvloed.
1           Die intellektuele vermoë van die leerder

Intellektuele vermoë het ‘n invloed op die leerder se taalontwikkeling, taalbegrip en vermoë tot abstrakte denke.

2           Die liggaamlike en emosionele gesteldheid van die leerder

Die leerder wat siek en lusteloos voel se konsentrasievermoë is beperk en daarom sal leesbegrip daaronder ly.

3           Die leerder se ervaring en agtergrond

Hoe ryker die leerder se ervaringswêreld en agtergrond is, hoe beter sal die taalbegrip van die leerder wees.  ‘n Goeie taalbegrip gee weer aanleiding tot duideliker en vollediger begrip van die gesproke en geskrewe woord.

4           Woorherkennig en woordbegrip

Akkurate woordherkenning wat met ‘n goeie tempo gepaard gaan, is ‘n belangrike voorvereiste vir lees met begrip.

5           Geheue, konsentrasie en motivering

Die leerder moet instaat  wees om die verskillende idees en feite wat in die leesmateriaal voorkom te onthou, sodat verbande raakgesien kan word om ‘n geheelbeeld van die teks te kry.

6           Die klasatmosfeer en metode van leesbegriponderrig

Die waarde van ‘n positiewe klasatmosfeer waarbinne die leerder geborgenheid ervaar, gestimuleer word en nteressante onderrigmetodes gehandhaaf word, kan nie oorskat word nie.  Doelgerigte leesbegriponderrig moet vanaf graad 1 tot aan die einde van graad 3 op ‘n deurlopende basis gedoen word.

Wednesday, 14 September 2011

Taal in die grondslagfase.

KOMBINASIE VAN KLANK EN BEGRIP: (WAAROM IS ALBEI BENADERINGS NODIG?)
·         Heel taal benadering is belangrik . gebalanseerde lees benadering fokus op onderig van vaardighede in konteks van lees en skryf aktiwiteite.
·         Woordherkennings vaardighede, woordeskat algemene kennis en die onderrig van lees begrips strategie
·         Dit moet fokus op voorkennis , lees van verskillende tekste en uitvoer van opdragte.
·         Dit berus op fonologiese bewustheid Phonics en kontekstuele lees en skryf.

·         Fonologiese bewustheid in die raamwerk van ʼn gebalanseerde lees benadering.
·         Fonologie 8is ʼn aspek van taal wetenskap wat gemoeid is met die studie van spraak klanke. Dit is ook die bestudering van linguistiese reëls wat klank sisteme van taal beheer bv. : spraak klanke spraak klank produksie en betekenisvolle kombinasies van klanke in betekenisvolle uitinge.
·         Afr. het 75 spraak klanke en 40 fonologiese klanke.
·         Artikulasie kenmerke van foneme en die reëls vir kombinering van foneme in lettergrepe en woorde intonasie en klem is fonologiese komponente.
·         Uitspraak sal beter sin maak as artikulasie korrek is
·         Artikulasie is die beweging van spraak produksie meganismes en van spraak klanke wat ʼn eenheid vorm in uitspraak.
·         Uitspraak kenmerke:
o   Duidelik hoorbaar
o   Natuurlik
o   Nie opvallend of maatskaplik wees nie
o   Nie slordig, didakties of smeerig wees nie
·         Swak uitspraak van klanke kan daar toe lei dat hoorder nie die spesifieke bedoeling van die spreker begryp nie en doel treffende kommunikasie word belemmer

·         OUDITIEWE DISKRIMINASIE
Die aard van fonologie is beperk en die raamwerk deel van ʼn gebalanseerde lees benadering.
Woorde het ʼn begin middel en einde en leerders moet elke segment kan hoor om te kan lees en skryf.
Phonics in raamwerk van ʼn gebalanseerde lees benadering drie redes vir vooraf genoemde aannames.
Phonics is ʼn kort pad na die aanleer van woorde, min informasie en leerders in staat om groot hoeveelhede van woorde te identifiseer.
Phonics : leser in staat om lees woorde skat van hoer frekwensie woorde op te bou waarvan die hoer frekwensie woorde akkuraat, moeiteloos en onmiddellik visueel erken kan word. Woorde te herken op visuele herkenning. Leser konsentreer op inhoud eerder as op die identifisering van woorde.
·         Help leerders om selfstandig te word . as hulle phonics kan gebruik kan hulle woorde in konteks dekodeer en enige boek lees.