Die heeltaalbenadering
Dit word volgens Goodman (1989:113) en Gursky (1991:22) gestel as die historiese wortels wat teruggevoer kan word na die volgende vroeë onderwysbewegings:
· John Amos Comenius (1592-1670) se belang by leerdergesentreerde pedagogie
· John Dewey (1859-1952 se progressiewe onderwys wat aanleiding gegee het tot die beginsel van aktiewe leer en die integrasie van taalaktiwiteite in die kurrikulum.
· Piaget (1896-1980) se mening dat leerders aktiewe agente moet wees in die konseptualisering van die leerproses
· Vygotsky (1896-1934) wat leer as 'n sosiale aktiwiteit beskou.
In die raamwerk van die heeltaalbenadering gebeur die volgende:
· Leerders word die outeurs van leesmateriaal;
· Voorspelbare leesboeke, sowel as ander leesmateriaal wat in die hande beskikbaar is word gebruik;
· Leerders word aangemoedig om die korrekte spelling van woorde te ontdek en
· Leerders se werk word in die klas uitgestal.
Daar is ook ander faktore wat in ag geneem moet word en dit is faktore wat 'n invloed kan hê op die leerder onderrig naamlik van hierdie benaderings, naamlik;
• Die intellektuele vermöe van die leerder
• Die liggaamlike gesteldheid van die leerder
• Die emosionele gesteldheid van die leerder
• Die leerder se ervaring en agtergrond
• Die leerder se begrips- en praatwoordeskat
• Woordherkenning en woordbegrip
• Geheue en konsentrasie
• Motivering en die leeswaardigheid van die leesmateriaal
• Die atmosfeer in die klaskamer
• Die metode van onderrig
• Bepaling van spesifieke begripsvlakke